Limfvatstelsel

Die limfvatstelsel.

Die limfvatstelsel is ’n stelsel wat uit limfvate en limfatiese weefsel bestaan. Hierdie stelsel filtreer en vervoer die limf van die weefsels af deur die hele liggaam, en na filtrasie word die vloeistof weer na die bloedsomloop teruggevoer. Die limfhaarvate, limfvate, limfbuise, limfknope, milt, timus, mangels en die limfosiete wat vry in die bloed voorkom, vorm almal deel van die limfvatstelsel.

Wanneer hierdie limfosiete met liggaamsvreemde stowwe (antigene) in aanraking kom, verander hulle in teenliggaamvormende selle. Hulle kan ook monosiete vorm wat deur middel van die limf in die bloedstroom beland. Ongewenste stowwe en deeltjies word effektief uitgefiltreer en vernietig namate die limf deur die limfknope vloei. Gaspare Aselli (1627) het die limfvatstelsel die eerste keer in die mesenterium van die hond beskryf en in 1853 het Bartholin die vloeistof die naam limf gegee.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search